Steek Die Vure Aan – 2013

BOK VAN BLERK

Facebook Twitter YouTube

Steek Die Vure Aan – 2013

  • Vrystelling Datum: 2013-11-01
Tweet about this on TwitterShare on FacebookShare on StumbleUponEmail this to someone
  • 1

    Land Van Melk En Heuning

    Land Van Melk En Heuning
  • 2

    Koue Voete En Warm Liefde

    Buy track Lirieke

    Hey Willemiena kan jou voete dans
    Ek onthou nog toe jy met engele kon praat, laat in die aand
    Hey Willemiena is jou wereld blou
    Ek onthou nog hoe ek alles kon blameer op jou, my grootste fout.

    Ek onthou nog hoe jy die komberse steel
    op ‘n wintersnag ja dit was te veel vir my, vir my.
    Met jou koue voete langs my warm lyf
    ons kon die huis se mure teen die dak uitdryf, net jy, dis net jy.
    Maar koue voete maak warm liefde
    Met jou koue lyfie hier langs my.

    Hey willemiena hoor jy soek nou werk
    Jy verkoop koeksisters by die kerk, ek weet, dis die moeite werd.
    Se my willemiena dink jy ons sou werk
    Of is jou wil net te sterk vir my, ons kon stry.

    Ek onthou nog hoe jy die komberse steel
    op ‘n wintersnag ja dit was te veel vir my, vir my.
    Met jou koue voete langs my warm lyf
    ons kon die huis se mure teen die dak uitdryf, net jy, dis net jy.
    Maar koue voete maak warm liefde
    Met jou koue lyfie hier langs my.

    Ja koue hande kweek warm liefde
    Met jou koue lyfie hier langs my.

    Maar koue voete maak warm liefde
    Met jou koue lyfie hier langs my.

    Koue Voete En Warm Liefde
  • 3

    Die Groot Trek Weer Kaap Toe

    Die Groot Trek Weer Kaap Toe
  • 4

    Steek Die Vure Aan

    Steek Die Vure Aan
  • 5

    Ons Kyk Na Ons Mense

    Buy track Lirieke

    Soos ‘n veldbrand, wat versprei oor jou lyf
    ‘n Blinde toestand, instinktief binne my
    Kom ons trek saam, tyd is nie verby

    Soos ‘n vuurpyl, wat die aarde verlaat
    En ‘n weg baan, hy breek uit die format
    Sal jy voor loop, en op die berge staan?
    Deur die optel en die saamdra sal ons nie so gou vergaan.

    Kan jy voel hoe dit brand, van jou hart tot jou hand
    Dis ons huis dis ons land.
    Ons kyk na ons mense!
    Val sal ons val, maar sal daaruit sterker opstaan
    Want ons kyk na ons mense, ons kyk na ons mense.

    Soos ‘n vuurpyl, wat die aarde verlaat
    En ‘n weg baan, hy breek uit die format
    Sal jy voor loop, en op die berge staan?
    Deur die optel en die saamdra sal ons nie so gou vergaan.

    Kan jy voel hoe dit brand, van jou hart tot jou hand
    Dis ons huis dis ons land
    Ons kyk na ons mense
    Val sal ons val, maar sal daaruit sterker opstaan
    Want ons kyk na ons mense, ons kyk na ons mense.

  • 6

    Van Hings

    Buy track Lirieke

    As jy haar lyf begeer moet jy een ding weet
    Ja die mooiste roos se dorings maak ook seer.
    Geen Whiskey sal jou kan sterker maak
    Teen ‘n leeuwyfie se wraak

    Dit was ‘n koue aand in die ou Vrystaat
    Toe ek haar by die ou raadsaal gewaar.
    Dit was ‘n jollige nag, ons kon dans ons kon lag
    Ek was blind teen Eva se gevaar.

    En as die bloedrivier weer begin te vloei
    En Racheltjie de Beer teen die winter winde stoei
    As Wolraad Woltemaade weer sy perd opgesaal het
    Sal ek weer terugkeer na jou,
    sal ek weer terugkeer na jou.

    As jy haar lyf begeer moet jy een ding weet
    Ja die mooiste roos se dorings maak ook seer.
    Geen Whiskey sal jou kan sterker maak
    Teen ‘n leeuwyfie se wraak

    En as van Riebeeck weer sy voete in die Kaap sit
    En ek die Kruger Miljoen hier erens op my plaas vind
    As van Hings en die duiwel hulle stryd blus
    Sal ek weer terugkeer na jou,
    Sal ek weer terugkeer na jou.

    Van Hings
  • 7

    Daai Klien-Dorpie-Gevoel

  • 8

    Tref En Trap

  • 9

    Gebore Om Vry Te Wees

    Buy track Lirieke

    Stilsit is my vyand
    Normaal maak my bang
    My hart roep na die oopte
    Net ek, 2 wiele en ‘n lang teerpad.

    Gebore om vry te wees
    Gebore om ‘n rowwe jack te wees
    Nes Indiana Jones en daai bear grills ou wil ek vry wees

    Ek het nie tyd vir ‘n baas nie
    Ek doen meer as praat
    Die sterre is my kompas
    Die N1 is my kaart.

    Bring die sterkste kettangs
    Bring die mooiste vrou
    Bring ‘n hele weermag
    Niks sal my terughou

  • 10

    Ek En My Vlerk

  • 11

    Vroumens

    Buy track Lirieke

    Sy kon verf met haar oe,
    sy kon met haar mond toor
    Sy was perfek vir my

    Sy het gewerk vir haar geld
    Sy kon boor, sy kon weld
    Mooi na haarself gekyk

    Sy was ‘n dame wat bloos as sy skaam is
    En sy kon vloek as sy kwaad is.

    Mense praat van ‘n droomvrou
    ‘n houvrou en ‘n trouvrou
    een wat haar man verstaan
    dis ‘n vrou wat jy net in stories kry
    maar in my oe vroumens is dit jy.

    Dis toe ek jou ontmoet in daai verlate kroeg in Bloemfontein
    Het jou gevra wats jou naam, en toe antwoord jy skaam
    Jy kon nie woorde kry.

    Sy was ‘n dame wat bloos as sy skaam is
    En sy kon vloek as sy kwaad is.

    Mense praat van ‘n droomvrou
    ‘n houvrou en ‘n trouvrou
    een wat haar man verstaan
    dis ‘n vrou wat jy net in stories kry
    maar in my oe vroumens is dit jy.

  • 12

    Huil Soos 'n Man

    Huil Soos 'n Man
  • 13

    Bakbeen Anties

    Bakbeen Anties
  • 14

    Bloubul Snor

Steek Die Vure Aan

Nou beskikbaar