Innibos-konsert is groter as ooit

BOK VAN BLERK

Facebook Twitter YouTube
News_Innibos

Innibos-konsert is groter as ooit

Tweet about this on TwitterShare on FacebookShare on StumbleUponEmail this to someone

2014 is die grootste jaar vir Innibos en hulle glo dat hierdie jaar nuwe standaarde sal stel vir feeste in Suid-Afrika. Die tema is immers “Innibos is alles moontlik”. Sandra Jacobs, Innibos se bemarkingsbestuurder, is van mening dat hierdie jaar se fees die grootste opelugkonsert gaan aanbied wat die land nog gesien het. 18 top-kunstenaars gaan by die Jakaranda FM-konsert optree en “Dit gaan ’n ongelooflike ervaring wees,” sê Jacobs.

Innibos is een van Suid-Afrika se gewildste feeste en Saterdag 5 Julie se Jacaranda FM-konsert merk die einde van die groot feesterrein-konserte op die Standard Bank Hoofverhoog en vanjaar se konsert is groter as ooit.

“Innibos strewe elke jaar om op die vorige fees te verbeter,” het Andy Lubbe, Innibos se feesbestuurder gesê nadat die program bekendgestel is by die Innibos loodskonsert op 23 Mei. Daarom het Innibos besluit om die Jaranda FM-konsert hierdie jaar aan te pas. In plaas van die gebruiklike ses kunstenaars wat die een na die ander optree, is daar vanjaar drie keer soveel sangers op die verhoog! Dit is ’n behoorlike saamgestelde konsert met 18 van die land se beste kunstenaars. Dit sluit ‘n wye verskeidenheid kunstenaars in: Steve Hofmeyr,  Riana Nel, Bok van Blerk, Corlea Botha, Laurika Rauch en Koos Kombuis is onder andere deel van die vertoning.

Hierdie is ’n skouspelagtige konsert met ’n vol orkes, vuurwerke en spesiale effekte wat onder die wakende oë van Barry Pretorius saamgestel is. Hy is die vervaardiger en direkteur van Innibos Kunstefees se Saterdagaand-konsert op die  Standard Bank-hoofverhoog. Pretorius is ’n projek-koördineerder vir verskeie ander verhoogproduksies, onder andere die reuse Afrikaans is groot-konserte wat hy vir die laaste drie jaar bestuur het, asook die glansryke Ghoema-toekennings.

Daar word beraam dat ongeveer 35 000 mense hierdie fabelagtige konsert gaan bywoon. Dit is werklik ’n groot affêre. “Verwag dus dat hierdie konsert beter as al die ander jare saam gaan wees,” sê Lubbe.

Innibos vind vanjaar vanaf 2 tot 5 Julie plaas. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting oor die fees, besoek gerus www.innibos.co.za of bel die feeskantoor 013-741 5294.