Van De La Rey Tot Nou – terug na die begin

BOK VAN BLERK

Facebook Twitter YouTube
MoholoholoShow_Home-Slider2

Van De La Rey Tot Nou – terug na die begin

Tweet about this on TwitterShare on FacebookShare on StumbleUponEmail this to someone

Kan jy onthou waar jy was toe jy die eerste keer Bok van Blerk se “De La Rey” gehoor het? Kan jy die hoendervleis-gevoel onthou? Dalk ‘n traan? Nou het jy die kans om dit als weer te beleef by ‘n eksklusiewe konsert by die plek waar Bok sy grootste treffer vir die eerste keer voor ‘n lewendige gehoor gesing het.

“Van De La Rey Tot Nou, Terug na die begin,” is ’n eenmalige optrede vir die grootste Bok-aanhangers wat daar is. So teken gerus die datum aan: 6 Augustus by Moholoholo Ya Mati in Hoedspruit… daar waar hy die eerste keer met De La Rey gevoelens van patriotisme aangewakker het.

Die optrede sal van nature ook van sy ander treffers insluit want oor die afgelope 10 jaar het hy met elke nuwe uitreiking net nog bewonderaars bygekry. Selfs van die heel nuutste treffers sal met ‘n volle orkes opgevoer word.

Met kosstalletjies en ‘n kontantkroeg, kan jy nou deel wees van hierdie onvergeetlike gebeurtenis en een van die eerste mense wees om die dokumentêre program wat oor die 10-jaar herdenking van De La Rey saamgestel is, te sien.

Hekke maak reeds 16:30 oop en kaartjies teen R120 vir volwassenes en R60 vir kinders is beperk. Bespreek vandag nog deur 082 314 6631 of 072 191 2024 te skakel.